EIERVRUG SKYWE MET KERSIE TAMATIES
BESTANDELE
Een groot eiervrug
Sout
1k Koekmeel
1tl Veggie spice
1 Eier
1/2 tl Swart peper
1tl Aromat
Olie
4el Botter
Ipakkie Kersie tamaties
2tl Strooi suiker
METODE
Sny eiervrug in skywe en strooi albei kante sout en laat staan in vergietes vir 15min en spoel af.
Maak droog op skoon vadoek of kombuispapier.
Skud nou in n sakkie met koekmeel tot al die skywe mooi bedek is.
Klits eier met klein biekie water.
Geur koekmeel met veggiespice, swart peper, aromat, sout.
Doop nou skywe in eier en dan in gegeurde koekmeel en bak in vlak olie.








