DALE SE KAASWORSIEPASTA
Lekkerste pasta vir middagete gemaak. Herinner my aan die goeie ou dae toe my ma nog vir my gesorg het. Hoeveelhede van die bestanddele is na eie smaak.
pastaskulpes
kaasworsies, opgesny
spek, opgesny
botter vir braai
sampioene, opgesny
knoffel
Worcestersous
Cujan speserye
1 blikkie mieliepitte
sout en peper na smaak
1 blik pynappel stukkies
braaivleis speserye
blatjang
gerasperde kaas vir bo–oor
Al die bestanddele moet apart gaar gemaak word. Kook die pasta gaar volgens die aanwysings op die pak en spoel goed af, plaas dit weer terug in die pot, want al die bestanddele word uiteindelik daarin gemeng.
Braai die kaasworsies in ‘n warm pan tot die kaas lekker gesmelt is.
Panbraai die spek tot heerlik krakerig.
Braai die sampioene met plaasbotter, knoffel, Worcestersous en cajun speserye tot gaar en effe taai.
Mieliepitte word ook met plaasbotter en sout gepanbraai tot die pitte begin verkleur, dis lekker as so paar van die pitte bietjie brand, laat dit soos braaimielies proe.
Voegdie blikkie pynappelstukkies in die pan, sap en al, laat dit braai tot die sap met die helfte verminder en ook half taai raak. Voeg die braaivleis speserye en blatjang by die pasta en roer deur. Meng die ander bestanddele een vir een by die pasta en roer deur. Rasper ekstra kaas bo-op. Lekker verby!!
Resep en foto: dale van Staden








