CELIA SE TUNASOP
Resep: Celia De Villiers Enslin
Foto: Renee Adams
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie is 1 x aangemaak –
1 blikkie gesnipperde Tuna
1 pakkie tamatie roomsoppoeier
1 koppie warm water
1 koppie melk
sout en peper na smaak
Klits saam in pot op stoof tot begin kook – oppas vir aanbrand. Voeg die volgende by:
1 koppie room (250 ml)
1 blikkie gesnipperde tuna – ek sit sommer met water / olie in. Meng goed en kook net vinnig deur.
Voila – lekker eet!!!
Nota:
Ons is ‘n gesin van 6 – ek maak dit 3 maal aan – want ALMAL wil nog he.
As jy dit verdubbel – moet nie elke keer die room verdubbel nie – word te ryk – gebruik dan meer melk. Bv 3 x : 3 x sop/3 x tuna/3 x water/3 x melk/1 x room en nog 2 x melk – gebruik eie diskresie!!!!









Het geskuif na nuwe blog
Ek kan nie eens meer tel hoeveel keer moes ek al die resep uitskryf nie. ALMAL soek altyd die resep. Regtig die maklikste en heerlikste EN Ete is VINNIG op die tafel. Het dit al vir 40 mense ook gemaak – verdubbel net alles.