CELIA SE TUNASOP

 

2015-08-21-reneeadamstested

CELIA SE TUNASOP
Resep: Celia De Villiers Enslin
Foto: Renee Adams
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie is 1 x aangemaak –
1 blikkie gesnipperde Tuna
1 pakkie tamatie roomsoppoeier
1 koppie warm water
1 koppie melk
sout en peper na smaak
Klits saam in pot op stoof tot begin kook – oppas vir aanbrand. Voeg die volgende by:
1 koppie room (250 ml)
1 blikkie gesnipperde tuna – ek sit sommer met water / olie in. Meng goed en kook net vinnig deur.
Voila – lekker eet!!!
Nota:
Ons is ‘n gesin van 6 – ek maak dit 3 maal aan – want ALMAL wil nog he.
As jy dit verdubbel – moet nie elke keer die room verdubbel nie – word te ryk – gebruik dan meer melk. Bv 3 x : 3 x sop/3 x tuna/3 x water/3 x melk/1 x room en nog 2 x melk – gebruik eie diskresie!!!!