

CANNELLONI
500 g maalvleis
1 pakkie spek
1 ui
2 knoffelhuisies
tamatie puree
sout en peper
steak en tjops spice
mix herbs
250 ml room
Blou kaas indien verkies opsioneel
Genoeg gerasperde Cheddar kaas
Sny uie en knoffel en spek lekker fyn. Braai so rukkie en gooi maalvleis by.
Gooi die tamatie puree en die speserye by. Kook tot gaar. Laat afkoel.
Gooi ‘n houertjie room onder in bak. Skep vleismengsel in cannelloni en druk lekker genoeg in. Sit op hand dat dit nie onder uitloop nie. Sit in bak bo-op die room
Maak witsous aan
1 l melk
3 eetlepels mazina
bietjie sout en peper
3 eetlepels tamatiesous
Gooi bietjie melk in ‘n beker en maak die mazina aan.
Kook res van melk in mikrogolf oond tot kookpunt. Meng met mengsel in beker en sit terug in mikrogolf. Kook tot dik. Roer net elke 1 min en hou dop. Kook gou oor. Gooi die sout en peper en tamatiesous in en roer.
Gooi so bietjie bloukaas oor cannelloni en dan die witsous.
Bak vir 3/4uur teen 160°C.
Gooi genoeg chedder kaas bo oor en sit terug in oond vir 10 min tot kaas gesmelt is.
BRON – Marian van Deventer







geskuif