BOTTERIGE BROODVINGERS
2 ¼ koppies koekmeel
225 ml warm water
2¼ teelepel kitsgis
1 eetlepel olie
1 teelepel suiker
½ teelepel sout
Net minder as ¼ koppie botter gesmeltMeng alles behalwe die botter en knie lekker lank. Ek doen dit sommer met my Kenwood-koekmenger se deeghaak en knie dit so vir 7 min (langer as jy dit met die hand knie – dis baie sagte deeg)
Keer deeg uit op ‘n silpat-matjie (of voer jou bakplaat met foeilie uit en spuit met kossproei) en druk plat (rek en trek en druk tot jou pan basies vol is. Amper soos dik pizza. Sny nou met ‘n pizzawiel in die lengte in die middel af en dan dwars oor in 11-12 rye, wat dan 22-24 vingers gee.
Bedek met kleefplastiek en laat rys op ‘n warm plek vir 20 min.
Verhit nou jou oond tot 180°C en terwyl jy vir die oond wag, verf die gesmelte botter mildelik oor die deeg en sprinkel met sout of parmesaankaas of enige iets wat v jou lekker klink.
Bak dan vir so 20min tot goudbruin en geniet saam met ‘n lekker bak sop of dalk ‘n lekker doopsous as ‘n vingerhappie!
BRON/FOTO: Mariette Visser








