DIK GROENTESOP MET SPLITERTJIES
2 groot uie, gekap
sopvleis, enige soort en soveel soos jy verkies
250 ml sopmengsel (droë “soupmix”)
250 ml droë splitertjies
3 groot wortels
2 medium tamaties
2 groot aartappels
1 handvol gekapte seldery
1 biefblokkie
sout, peper en knoffel na smaak
Braai ui en vleis so bietjie tot bruin.
Skil en rasper of kap jou groente fyn (ek gooi dit sommer in die voedselverwerker.
Voeg al die bestanddele by die vleis in die pot, maak pot ¾ vol kookwater en prut lank en stadig tot die sop gaar en die vleis papsag is.
Ek skep my vleis uit, verwyder die bene en sny die vleis in kleiner stukkies en gooi weer terug.
As die sop te dik is na jou smaak, voeg nog water by en kook deur.
Dit vries baie goed en werk netso goed in ‘n slowcooker (dis hoe ek dit doen) as op die stoof.
BRON/FOTO: Mariette Visser