

BOEREWORS GEREG – RAILWAY STEW
Genoeg vir 4 persone
4 – 6 stukke boerewors (worsbroodjie grootte)
olie vir braai
1 groot ui
1 groen soetrissie
30 ml sterk kerrie, of na smaak
10 ml borrie
5 ml cajun speserye
15 ml appelkooskonfyt of 15 ml bruinsuiker
130 ml sterk blatjang
30 ml Worcestersous
2 knoffelhuisies
sout na smaak
250 g rou macaroni (kan ook met ¼ koppie rys vervang word)
4 groot aartappels, in groterige blokkies gesny
4 gekookte eiers
Sny uie, greenpepper en knoffel in klein blokkies en braai liggies in bietjie olie saam in ‘n pot, (ek gebruik ‘n plat swartpot) (± 3 min), met die kerrie, borrie en cunjun sperserye.
Skep dit uit en hou eenkant.
Neem die wors en sny in kleiner stukkies (± 5 cm) en braai in dieselfde pot tot bruin.
Skep die eerste bestanddele terug. Voeg die aartappels, blatjang, Worcestersous en appelkooskonfyt of bruinsuiker by. (indien rys verkies word, voeg dit tesame met die aatappels by) Roer goed deur en voeg net genoeg water by om die res van die bestanddele in te kan prut tot aartappels en rys gaar is.
Voeg die macaroni by wanneer die aartappels amper gaar is, sodat dit nie pap kook nie. (indien rys nie gebruik word nie)
Voeg sout na smaak by.
Voor opdiening, roer die pot deur, en sny die gekookte eiers in die helfte.
Bedien hierdie “stew” met die gekookte eiers, (wat van die “stew” sousie oor het) saam met roosterbrood.
Resep geplaas deur Elaine Schoeman
Foto: Adam Cloete







geskuif