BENHET SE GEVULDE BROOD
1 pak gekoopte brooddeeg
vulsel van eie keuse
1 eier, geklits
Rol die brooddeeg lekker dun uit met ‘n koekroller. Druk sirkels uit met ‘n drukker. Plaas enige vulsel van jou keuse op die helfte van die sirkel, vou die sirkel halfmaan toe soos op die foto en druk die punte lekker styf vas. Pak die halfmane aan die buitekant van die bak na binne. Smeer geklitste eier oor die deegsirkels en bak dit in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC vir ongeveer 1 uur tot die brood gaar is.
Resep en fotos: Benhet Niewenhuis










Done
Lekker broodjie! sorg net dat jy die punte lekker vas knyp anders gaan hulle oop soos hulle bak!