

BEESTONG MET ROSYNTJIES
Ek ‘n gepekelde Beestong gekoop en in die STOOMPOT gesit vir 50 min en toe net op die plaat laat staan tot ek die deksel kon oop maak! Trek tong se vel af en sit terug in die sous waar in hy gekook het! Tot hy koud is! Sny op
Rosyntjiesous
Meng alles saam en kook dan vir 5 min sit warm voor!
125 ml bruin suiker
1 teelepel mosterd
1 eetlepel koekmeel
2 eetlepels witwynasyn
2 eetlepels suurlemoensap
1 ml gerasperde suurlemoenskil
375 ml water
125 ml rosyne
Baie lekker!!!!!
Benhet Niewenhuis







Defnitief vir ‘n kers tafel! Baie lekker