VIS EN AARTAPPELGEREG
5 groot aartappel in skywe gesny so 0,5 cm
aartappel skywe gekook in water met sout tot halfpad gaar
Ek het vis Hake fillet gevat en skywe gesny.
Pak die aartappels in ‘n oond bak een laag.
Gooi green onion speserye.
Pak een laag Hake fillets.
Gooi Vis speserye.
Pak die volgende laag tot alles klaar is maar eindig met aartappels laaste.
In die geval was dit 3 lae aartappels en 2 lae vis.
Die laaste ry aartappels kry pietersielie eintlik net vir die show.
Een eetlepel crushed garlic.
Sit die oond bak se deksel op en bak in die oond op 180ºC vir 30 minute.
Intussen het ek ‘n swart pepersous gemaak.
Haal die bak na 30 minute uit die oond en toets of alles mooi sag is.
Gooi die sous in my geval die pepersous oor alles en sit terug in die oond met die deksel op die bak vir nog 15 minute.
Haal uit en strooi gerasperde Cheddar kaas bo-op.
Plaas terug in die oond sonder die oond bak se deksel en bak tot kaas mooi in gesmelt het en bruin is.
Foto en resep deur Koos van der Merwe