TUISGEMAAKTE HAMBURGER
¼pound hamburger patty
½ ciabata broodjie
Vars spinasie blaartjies
Vars tamatie
Vars uie ringe
Vars avokado
Rooster broodjie op braai, smeer liggies met margarine, indien verkies. Begin pak met dun gesnyde uie ringe, patty wat op braai gemaak is met bietjie sout of aromat, dan spinasie blaartjies, vars tamatie met sout en vars gemaalde peper, en laastens die avo bo-op. As jy kans sien kan jy die ander deel van die broodtjie bo-op sit, maar dit is alreeds so ‘n massiewe burger dat ek nie kans sien daarvoor nie, en dan is dit ook te veel brood vir my. Dit is so so lekker en saam met ‘n glasie koue witwyn op ‘n heerlike warm aand, wat is nou beter! Geen winkel hamburger kom naby nie.
Resep en foto: Esme Slabbert








