SOETKOEKIES
(ongeveer 40 koekies)
4½ koppies meel, gesif
10 ml bakpoeier
2,5 ml sout
250 g margarien
2 koppies suiker
2 eiers
125 ml melk
2 ml vanieljegeursel
ekstra suiker om bo-oor te sprinkel
Verhit jou oond tot 180 °C. Maak seker jou oondrak is in die middel van die oond.
Sif al die droë bestanddele saam.
Room die botter en suiker saam tot lig en romerig met ’n elektriese menger.
Voeg die eiers by en klits goed.
Voeg jou droë bestanddele koppie vir koppie by saam met die melk en vanielje-geursel.
Meng goed.
Bedek die deeg met kleefplastiek en laat rus in die yskas vir minstens 1 uur.
Verdeel jou deeg in 4 en rol uit op ’n meelbestrooide oppervlak.
Druk dit uit met ’n koekiedrukker, strooi bietjie suiker oor
Bak tot goudbruin (8-10 min)
Laat eers op die bakplaat afkoel voor jy dit afhaal.
FLR PHOTO: Tina Sauerman








