

SHARRON SE MIKROGOLF KOOL
Ek maak graag my kool so in die mikrogolfoond:
Kool + n gerasperde appel + n tamatie in blokkies gesny.
Voeg ongeveer 2 E kookwater by.
Spikkel met klontjies botter.
Strooi gemmer en swart peper oor.
Kook ongev 6 min @ 100, bedek. Roer deur en kook weer ong 4 minute of tot gaar.
Dreineer as daar nog water is.
Voeg sout na smaak by. Moenie sout ingooi met die kookslag nie.
Dis n groot gunsteling in ons huis.
Foto en resep deur Sharron Dianne van Eeden






