Eerstens moet jy n goeie “non stick” pan he.
Ek maak dit in elektr braaipan op hoogste gestel heel tyd.
Sny aartappels in blokkies-dit moet baie droog wees.
Braai dan in bietjie olie, moenie roer voor begin self loskom en bruin word.
Dan kan jy begin omkeer om alle kante bruin en gaar te maak.
As gaar en mooi bruin, kerf uie in en braai tot uie gaar.
Geur met peri-peri, sout, cheese aromat en varsgemaalde swartpeper.
Of na smaak.
Dien dadelik op terwyl bros.
En as jy daai aartappels extra lekker wil he…braai in uitgebraaide varkvet!
Foto en resep: Jacqus Marianne Van Niekerk








