
MURG VAN GROENTE SLAAI (Marrow)
2 pakkies baby marrows, in wielietjies opgesny
1 groot ui, gekerf
½ koppie pitmielies
1 pakkie gekerfde sampioene
3 hardgekookte eiers, net die wit
Sous:
¼ koppie olyf olie
¼ koppie asyn
sout en peper na smaak
1 teelepel pietersielie
Kook die marrows, mielies, gekerfde ui en sampioene saam vir ± 5 min, marrows moet nog redelik hard wees.
Laat koud word. (ek spoel dit sommer ‘n paar maal met koue water)
Meng dan eierwitte wat opgesny is in.
Meng dan die olyf olie, asyn, sout en peper en pietersielie saam. Gooi oor slaai. Krummel eiergele bo-op en verkoel.
Baie lekker as dit die vorige dag gemaak word.
BRON/PHOTO: Dassie Meyer






