

MELKTERT-KOEK
Die koek
3 koppies koekmeel
20 ml bakpoeier
1 ml sout
500 ml strooisuiker
250 ml sagte botter
4 eiers
250 ml melk
10 ml vanilla
Meng goed met klitser
Plaas in 2 panne
Bak in voorverhitte oond 45 min by 180ºC
Laat koek afkoel
Sny koek middeldeur om twee lae te kry
Die Vulsel
3 eetlepels botter
3 eiers
2 ½ eetlepels vlapoeier
2 ½ eetlepels mazina
2 ½ eetlepels koekmeel
1 koppie suiker
¼ teelepels vanilla geursel
4 koppie melk
Meng botter en suiker tot romerig
Klits geel van die eiers
Maak droë bestanddele met ‘n bietjie melk aan.
Voeg by eiermengsel
Kook melk voeg eiermengsel by en kook oor lae hitte.
Roer tot dik, haal van die plaat af.
Voeg vanilla by.
Voeg eierwitte in en meng deur. Laat goed afkoel maar nie heel stol nie.
Sit vulsel tussen koeklae en bo op en sit in yskas vir ‘n rukkie.
BRON EN FOTO – Carleen Schutte






