KITI SE CRÉME BRULÉE
600 ml room
10 ml vanieljegeursel
6 eiergele
6 opgehoopte eetlepels suiker
Voorverhit die oond tot 150°C. Berei waterbad: gooi room water in ‘n oondpan wat so halfpad teen die ramekins sal raak.
Bring die room tot so net onder kookpunt in ‘n middelslag kastrol. Verwyder van die hitte en roer die vanieljegeursel in.
Klits die eiergele en strooisuiker tot lig en romerig en al die suiker opgelos is. Giet die room versigtig by die eiermengsel en meng deeglik. Giet die vlamengsel in 4 ramekins en bak 20 minute in ‘n waterbad in ‘n voorverhitte oond tot net gestol. Dit dril nog effens.
Laat in die waterbad afkoel en plaas daarna oornag in die yskas. Sprinkel net voor opdiening strooisuiker oor die vla en karamaliseer dit met ‘n blaasvlam of onder die warm oondrooster.
WENKE: Waterbad se water moet kamertemp wees. As dit warm of kookwater is, kook dit te vinnig en sal opborrel in die bakkies. Jy kan ook suikerlaag laat smelt onder oondrooster, maar bly vir dit kyk, dit brand vreeslik maklik.
Resep: Kiti de Jager








