
HOE OM KOESKOES GAAR TE MAAK
Dit smaak amper soos krummel pap maar sagter (dit is semolina korreltjies). En dis soo maklik om te maak.
Jy het net ‘n bak, 1t olie of stukkie botter & kookwater nodig (en natuurlik 1t sout maar ek hou van ‘n hoender ekstrak blokkie vir die geur) en ‘n stuk kleefplastiek.
So 15min voor jy wil eet kan jy die koeskoes aanmekaar slaan (of vroeer want dit kan maar staan en net weer in mikrogolf warm gemaak word of koud bedien as dit ‘n slaai is).
Gooi dieselfde hoeveelheid koeskoes & kookwater in ‘n bak (as jy die hoender ekstrak blokkie gebruik gooi dit by die kookwater en los op voor gebruik).
Gooi die olie of botter ook by en roer, maak toe met die kleefplastiek en laat staan terwyl jy die ander kos voorbereid. Wanneer jy reg is om te eet, neem ‘n vurk en krap die koeskoes los totdat dit krummelrig is. Dis lekker saam met iets wat ‘n sousie het soos ‘n bredie of maak geroosterde groentes in die oond en bedien op die koeskoes as ‘n slaai met balsamiese asyn & olyf olie.
1k koeskoes is genoeg vir 4 mense en ‘n ekstra skeppie.
Dit is natuurlik die perfekte kampkos omdat mens dit nie hoef te kook nie.
Geniet dit en laat weet wat jy dink van dit.
Resep: Elsabie Templeton






