
HAASPASTEI
1 haas gesny in stukke
1 ui, gekap
1 eetlepel botter
1 eetlepel olie
1 koppie witwyn
1 eetlepel worcestorsous
¼ koppie asyn
sout en peper
4 naeltjies
½ teelepel neutmuskaat
½ teelepel vars gemmer
knoffelsout
Skilferkorsdeeg
SOUS:
150 ml botter
1 pakkie sampioene
¼ koppie room
Braai ui saam met haasstukke in botter en olie, tot amper bruin.
Voeg die res by, behalwe die deeg.
Prut stadig totdat vleis van die bene loskom.
Verwyder beentjies.
Maak die vleis fyn.
Skep in ‘n vuurvaste glasbak.
Sous:
Kook alles saam.
Bedek die haasmengsel met die sous.
Rol die skilferkors uit, bedek die mengsel.
Bak in oond teen 180 ºC vir 40 minute tot deeg gaar is.
Bron: rsg
Resep geplaas deur Sonja Young






