GROOTMAAT MELKTERT VIR 10 TERTE
Vir die pap het jy nodig:
11 koppies melk
2 koppies suiker
12 groot eiers
7 eetlepels meelblom, rondvol
paar stukke kaneel
3½ eetlepels mielieblom hoogvol
1 teelepel sout
4 eetlepels botter
1 ½ teelepel vanilla of amandelgeursel
Kook melk, paar stukke kaneel en botter saam.
Meng intussen 3 eetlepels mielieblom, 1 koppie suiker, sout en 1 koppie koue melk saam.
Voeg 1 koppie van gekookte melk by. Roer goed dat dit nie klonte vorm nie.
As melk kook, verwyder kaneel en roer meelmengsel in. Kook gaar.
Haal van stoof af en roer eiergele wat met ½ koppie suiker goed geklits is, by.
Klits eierwitte styf. Voeg ½ eetlepel mielieblom en orige ½ koppie suiker by.
Klits styf.
Gooi geursel by en laaste die styfgeklopte eierwitte.
Gooi in korse en bak ongeveer 25-30 minute in 200°C oond.
Vir 10 terte maak 3 keer aan:
Kors wat ek maak is
500 gram botter
4 koppies meelblom
250 ml sodawater, moet yskoud wees
1 teelepel kremetart
½ suurlemoen se sap
1 teelepel sout
Rasper botter met ‘n growwe rasper en gooi die kremetart daaroor.
Voeg die meel by die bottermengsel en maak met ‘n mes deurmekaar.
Meng nou die res van die bestanddele by bogenoemde mengsel.
Rol 1 keer uit, vou op of rol liggies in ‘n rol en sit dit in die yskas tot nodig. Deeg moet koud gehou word. Ek rol soms die deeg en sit in enamel borde en sit in vrieskas, maar voor ek dit doen, steek ek gaaitjies in deeg en smeer korse met eierwitte. Wanneer jy gaan bak maak pap en gooi in die yskoue gevoerde tertborde, maak genoeg deeg aan vir 10 korse, dis omtrent 3 mengsels, rol dun uit en sit dan in borde, rol ook uit om ‘n randjie te maak.
Resep: Betsie Joubert








