

GESONDHEIDSBESKUIT MET KLAPPER EN SEMELS
1 kg bruismeel
10 ml bakpoeier
5 ml sout
4 koppies semels
½ koppie klapper (ek meer gebruik)
500 g margarien
500 ml karringmelk
3 eiers
1 ½ koppie suiker
sultanas (ek min in gesit)
Ek het my oondpan gebruik vir die beskuit met die snyers.
Sif meel, bakpoeier en sout saam! Voeg semels en klapper by! Vryf botter in.
Klits melk, eiers, suiker saam. Voeg by die droë bestanddele en meng goed! Skep in pan! Hierdie is ‘n slap deeg, maar soos hy staan, drink die semels die vloeistof!
Bak by 180ºC vir ongeveer ‘n uur.
droog uit –
BAIE LEKKER EN HEERLIK BROS
Resep geplaas en foto: Benhet Nieuwenhuis






