

1 kilo Gemsbokstertjies
1 blokkie oxtail bees vleisaftreksel
5 knoffel tone in dun skyfies gesny
2 eetlepels meel
1 eetlepel paprika poeier
teelepel growwe see sout
halwe theelepel chillie vlokkies
3 groot vars rooi tamaties opgekap in blokkies
1 red pepper opgekap in blokkies
2 middelgroot uie in halwe ringe gesny
2 liter water
2 eetlrpels donker bruin nat suiker
2 eetlepels regte botter.
Braai die halwe uie ringe saam met die knoffel in ‘n groot pot met die botter.
Gooi die meel en die sout, paprika poeier en chillievlokkies in ‘n bak en bedek die gemsbokstertjies met dit.
Gooi dit in die pot en bak tot bruin.
Sit die 2 liter water by en 1 blokkie bees vleisaftreksel.
Sit die tamaties en red pepper by en laat staan op ‘n lae hitte maar hy moet prut vir so 4 ure.
Op die einde sit jy 2 eetlepels olyf olie in ‘n pan en bak jy die cous cous baie vinnig.
Dan gooi jy 2 koppies kookwater in ‘n glasbak en sit ‘n hoender aftrekselblokkie van knor by en roer.
Dan sit jy die cous cous by en sit selfkleefplastiek bo oor.
Laat staan vir 10 minute en maak los met ‘n vurk.
Moenie sout by sit nie want die hoender aftreksel is sout genoeg.
Dan voeg jy 2 eetlepels nat bruin suiker (die donker een) by die gemsbok stertjies en roer.
Bedien bo-op die cous cous.
Eet “smakelijk”
Resep en foto: Claudia Bellink






