

GEBAKTE GEMMERPATATS
Resep: Mickayla Swart
FOOD LOVERS RECIPES
4 tot 5 groot patats, gekook in skil en afgekoel
4 tot 5 groot piesangs, nie te ryp nie
2 pakkies gemmerkoekies, fyn gemaal
125 g margarien, gerasper
STROOP
1 koppie suiker
½ koppie water
1 teelepel vanilla geursel
Kook stroop en laat afkoel.
Smeer ‘n oondbak ± 20 x 25 cm en so 4 cm diep met botter of spuit met spray and cook.
Skil die patats, sny in ringe van so 1 cm dik en pak ‘n laag op bodem van bak.
Sny piesang in dun skywe en pak ‘n laag bo-op die patatskywe.
Gooi n lagie gekrummelde koekies bo-op en sprinkel helfte van die geraperde margarien oor dit.
Pak weer ‘n laag van elk en strooi laaste koekies bo-op met laaste margarien weer bo-oor.
Vat nou die stroop en giet van middel af in sirkel bewegings oor die gepakte bak.
Bedek bak met foelie en bak in oond op 140 ºC vir 30 min haal foelie dan af en bak bo vir so 10 min of tot goudbruin!






