GEBAKTE APPELS
Was die appels en verwyder die pitgedeelte met ʼn pit-uithaler of sny die appels
middeldeur en verwyder die pitgedeelte met ʼn teelepel. Sit die twee helftes weer
teenmekaar.
Strooi kaneelsuiker (¼ teelepel kaneel op ½ koppie suiker) oor.
Bedek die boom van ʼn vuurvaste bakskottel met kookwater en sit die appels daarin.
Bak dit ʼn uur of langer in ʼn matige oond by 180ºC (350ºF) en skep herhaaldelik van
die vloeistof in die bak weer oor die appels.
Dien dit warm of koud op.
Rina Kleinhans – Hierdie is altyd ‘n wenner ek gebruik ‘n pitboorder en dan breek ek gemmerkoekies en rosyne in die gaatjie in, gooi room en bruin suiker oor, en bak hulle, bedien met vla, dit is regtig ‘n maklike vinnige nagereg
Elisabeth Kruk Burger – This is also nice same as this but add handfull cakemix in the hole and wrap with puffpastry and glaze with egg!! Serve room temp!!! Yummie!!!
Antoinette Opperman Burger – Ek doen dieselfde met my kwepers. Lekker baie plaasbotter en bruinsuiker en heelwat later net voor ek dit uit oond haal so skeppie room. Heerlik.








