FILLET ONTBYT VIR TWEE
300 g fillet, in baie klein blokkies gesny
½ teelepel sout
½ teelepel Masala
½ teelepel growwe peper
1 eetlepel Balsamiese asyn
1 eetlepel olyfolie
Spesery die gesnyde vleisies met die speserye en roer mooi deur, laat staan oornag in die yskas,
Gooi die vleisies in ‘n pan, en skep so 1 eetlepel ATCHAR daarby (hierdie was tuisgemaakte UIE Atchar)
Braai op ‘n warm plaat net vir 30 sekondes, totdat die vleis vaal is.
Skep die helfte in daai 2 eier pannetjie.
Breek 2 eiers oor die vleis en bak totdat die eiers begin wit raak.
Giet nou so 2 eetlepels lekker vars room oor en bietjie pietersielie en bak vir nog so 30 sekondes.
Wanneer dit in die bord land, kom daar gerasperde kaas oor en ‘n groenerigheid vir die mooi.
REESEP EN FOTO: Stefaans Blaauw








