

BIERKOEK
125 g margarien
250 g dadels
5 ml koeksoda
300 ml bier
200 g bruinsuiker
2 eiers
12.5 ml kaneel
750 ml nutty wheat
7 ml bakpoeier
Voorverhit oond tot 190°C en smeer 2 laagkoekpanne -20cm deursnee
Smelt margarien, voeg dadels en koeksoda by. Meng saam.
Roer 100 ml van die bier by en laat staan n rukkie totdat dadels sag is en mengsel afgekoel het.
Roer eiers, suiker, kaneel en sout by.
Voeg volkoringmeel en oorblywende 200 ml bier beurtelings by dadelmengsel.
Roer bakpoeier laaste by.
Skep deeg in panne en bak vir 35 – 40 min.
Karamel kondensmelk is n heerlike vulsel/versiersel vir hierdie koek omdat die koek self nie baie soet is nie.
Hoop iemand is lus om dit te probeer en n foto daarvan te plaas.
RESEP INGESTUUR DEUR – Bernadene Daniell Prinsloo







geskuif