

SHEILA SE BOONTJIESOP
Hier is hoe my ma my seker 40 jaar gelede geleer het om dit te maak. Ek sit net baie meer vleis in.
Sit boontjies oornag in water
Sny 2 groot uie
en sny 4 med aartapels in blokkies
halwe kilo bees vleis blokkies,ek vat Chuck
Halwe kilo vark in blokkies gesny,
sout en baie, peper
knippie naeltjies,
bietjie paprika vir kleur
Pietersielie
Gooi alles in n gRoot pot vol water en laat kook tot vleis en boontjies goed sag is (ek kook myne so 2 ure in stoompot) vat dan masher en druk aArtapels en party van die boontjies. Dit is self dik jy hoef niks by te gooi om dik te maak nie
BRON – Sheila Marsburg Troskie






