

ROMERIGE FUDGE
My seun het dit al gemaak toe hy in Std 8 – 9 was. Baie lekker
1 kg suiker
125 g botter
30 ml stroop
250 ml melk
1 blik kondensmelk
5 ml vanilla
Verhit suiker, botter, stroop en melk in ‘n groot swaarboomkastrol. Roer baie goed tot al die suiker opgelos is. Vee die suikerkristalle teen die kant van die kastrol met kwassie af. Roer tot kookpunt en kook presies 3 min. terwyl jy deurentyd roer. Roer kondensmelk by en roer tot kookpunt. Verminder hitte en roer terwyl mengsel kook – presies 15 min. Verwyder van hitte en roer geursel by. Klop mengsel tot dit begin dik word sowat 5 min. Skep in gesmeerde pannetjie. Laat effens afkoel. Merk en sny in blokkies.
Bron: Joan van den Berg






