

RIA SE KOEKSISTERS
4 koppies koekmeel
3 teelepel bakpoeier
3 afgeskraapte teelepels botter
½ teelepel sout
2 eiers
1¼ koppies melk of water
Sif meel, sout en bakpoeier saam.
Vryf botter in. Klits eiers saam met die melk of water.
Maak deeg aan, nie te styf nie. Knie lekker deur.
Plaas in plastieksakkie, en laat deeg rus vir ‘n halfuur in die yskas. Knie deeg lekker deur, rol uit, vleg en bak in warm olie, en doop in yskoue stroop, wat reeds vorige dag gekook is, en goed koud is.
STROOP
10 koppies suiker
6 koppies water
1 teelepel gemaalde gemmer
Kook saam vir 7 na 10 minute.
Haal van stoof af, en roer 1 teelepel kremetart, ½ koppie suurlemoensap en n desertlepel (12.5ml) glycerine by tot goed gemeng.
Verkoel.
Jou klaar gebakte koeksisters vries jy, en haal uit in ‘n bordjie wanneer jy ketel aanskakel vir tee of koffie, en bedien.
Resep: Ria Magdalena Susanna






