Ek gebruik amper elke keer wat ek hoender of vark maak die ‘brining’ proses. Die hoeveelheid sout teenoor water is nie genoeg om dit ‘n sout smaak te gee nie. Ek gebruik bv vir een heel hoender 60 ml sout, 60 ml suiker opgelos in 125 ml asyn en so 1 liter water. Ek sit die vleis (en enige kruie, knoffel, chilli) en ‘n ziplock sak, druk al die lug uit en los die vleis vir minstens 3 ure daarin in die yskas. Gooi die hele lot af en vat dit van daar af.
Resep van Petro Borchard








