PESSACH BROWNIES
Sonja Zino van gister tot komende Saterdagaand mag ons nie meel gebruik nie, maar dit laat ons nie sonder gebak vir ons feesdae nie. Daar is heelwat plaasvervangers en truuks. Die is `n brownie koek en die resep is van my plaaslike bakmeester.
150 gr botter of ¾ koppie olie
200 gr sjokolade
4 eiers
200 gr suiker /1 koppie
40 gr of ⅓ koppie kakao
75 gr of ¾ koppie potato flour
35 gr of ⅓ koppie gemaalde neute of amandels
1 teelepel bakpoeier
2 eetlepels Nescafe
knippie sout
Smelt botter/olie, voeg sjokolade by en meng tot glad. (ek voeg hier sout by)
Voeg by eiers en suiker, oppas dat sjokolademengsel nie te warm is.
Voeg nou die res van die bestanddele by en meng goed.
Bak in gesmeerde pan in voorverhitte oond, so 25 min by 170 ºC.
Verkoel goed voor gesny.
Nota:
Sjokolade bo-op is sommer my eie konkoksie en ek het van die bestanddele aangepas sodat die koek nie dairy is nie.
Foto en resep: Sonja Zino: Oded Fisher








