KORS VIR WILDSPASTEITJIE
Wildpasteitjies nou so in die kolwyntjie pan gemaak. met n kasie in..
Sommer die Kerrie maalvleis wat oorgebly het gebruik..
https://www.foodloversrecipes.com/2015/05/kerrie-wildsmaalvleis/
Met daai vinnige tuisgemaakte kors..
Deeg
4 koppies Koekmeelblom
500 gram BOTTER
1/2 teelepel sout
1 eier geel
250 ml water / Melk
1 eetlepel suurlemoensap
Sif en meng droe bestandele saam, en vryf dan die botter daarin totdat dit flokkies maak, gooi nou die eier en die water by en meng tot n stywe deeg
Rol lekker dun uit, 5 mm dik, en skep die vleis op die deeg, en rasper dan die kaas by…Rol toe, en bak teen 150 grade vir 45 minute…Smeer die bokante met geklitste eier…
Resep en foto: Stefaans Blaaw








