Gebruik goeie gehalte aartappels dit moet nie glaserig aan die binnekant wees nie
Kook dit baie goed gaar
Moenie skaam met die Butro wees nie
Gooi warm melk bietjie vir bietjie by dat die die tekstuur reg is
Druk dit goed fyn net tot voor jou arm wil afval
Ek gebruik net Butro,melk, sout en peper
Garneer met gerookte paprika en pietersielie as jy wil
Jy kan dit ook as tertkors by pastei gebruik bak teen 180 grade tot puntjies begin bruin raak lekkerder as lekker
Resep en foto: Johan Coetzee








