Meng die hawermout, Rice Krispies, Weet-Bix, klapper en appelstukkies, hou eenkant.
Plaas die suiker, stroop, grondboontjiebotter en botter in ‘n pot en verhit oor lae hitte tot suiker opgelos is, roer gereeld. Verhoog die hitte wanneer die suiker gesmelt is en die mengsel vinnig begin borrel.
Verlaag die hitte en laat die mengsel kook vir 5 min tot dit dik is.
Roer die droëmengsel by die suikermengsel en roer tot goed gemeng.
Druk die mengsel in ‘n gesmeerde bak vas van ongeveer 26 cm x 20 cm.
Plaas in die yskas tot gestol en sny in blokkies. Lewer ongeveer 48 blokkies.
Resep en foto: Elsabé Mulder Barnard








