Pak koekies in bak en teen kante.
Meng jogurt met strooisuiker as jy dit soeter wil maak.
Meng kondensmelk met suurlemoensap.
Klits room baie styf.
Sny halwe appelkosies fyner.
Gooi alles bo-op mekaar en roer met 4 hale deur, dit moet nie heeltemal gemeng word nie.
Gooi helfte vulsel, laag koekies, weer vulsel en sit apelkoos halwes op.
Ek gooi strepe smelt sjokolade oor.
BRON – Roelette Spies Greyling
Foto: Elma Venter-Brittz
(Het twee terte uitgekry. Het vergeet om sjokolade te kry vir bo-oor en het sommer ive-cap sjokolade van die roomys gebruik en dit het 100 % gewerk)








