

HEERLIKE IDEES MET WINKELDEEG
Ria Magdalena Susanna – Druk dit platterig op oliebesmeerde oppervlak, druk groot rondings uit vir vetkoek, maak olie lekker warm, en bak dit. Heerlik met maalvleis, of botter en stroop.
Anzel Viljoen – Vetkoek .. of gevulde brood .. rol uit sit vulsel op rol op en bak of maak kaas buns .. rol bolletjies sit kaas op en bak
Tanya Smith — Ek gaan dit more maak as ons braai. Meng room en chrushed garlic. Gooi bietjie op bodem van gesmeerde oondpan. Rol deeg balletjies en gooi res van garlic room bo oor. Strooi kaas oor en bak tot gaar.
Magde Van der Kolff – Laat die deeg bietjie buite staan …as jy nie nou tyd het bere in yskas en haal more oggend uit ……dit moenie koud wees as jy dit bewerk ..ek bedoel deeg ….knie so klein bietjie en maak balletjies ….pak dit bolletjiegewys in n ronde pan oc in beskuitpan en bak op 180 grade tot gaar ..so 35 minute druk toetspen in om seker te maak. Haal uit en smeer met botter …heerlik. Ek meng natuurlik soms gerasperperde kaas, stukkies ham en knoffelspeserye in en maak dan eers balletjies ….heerlik by braaivleis
Magde Van der Kolff – Ook heerlik op stew ….rol uit en druk rond uit en sit op gaar vleis wat prut vir nog n halfuur
Ester Barnard – Smelt botter,knoffel en pietersielie in mikro. Verhit oond 180%. Rol deeg in bolletjies en rol in bottermengsel. Pak in ronde gesmeerde oonbak. Gooi orige bottermengsel bo-oor. Bak 25-30 min. Yum!
Renita Van der Merwe – Ons braai dit soos plat roosterkoeke op die vuur en sit dan biltong en kaas op. Sit weer op vuur tot kaas smelt!
Erika Weber Vos – Gooi vrugte mengsel in en lekker speserye, maak bolletjies en bak in oond. Jou eie paasbolle vir ontbyt.
Norette Janse van Rensburg- Rol deeg uit soos ‘n rolkoek Smeer bladjan of Sweet Chilly sous of so iets op Sny stukkies redpepper, green pepper sampioene en ham/bacon bo-oor Strooi gerasperde kaas oor Rol op soos vir ‘n rolkoek Sny dukkerige skywe/wiele en pak in gesmeerde swartpot Sit deksel op en plaas in oond of op die vuur met matige kole bo en onder pot Geniet saam met braaivleis of sop.
Ek het baie appels geskenk gekry, toe vat ek gekoopte winkel brood deeg, sny appels in blokkies meng kaneel en karamelsuikker en sit binne in deeg bolletjies. Gooi 250 ml room oor en weer kaneelsuiker. Nou wag ek dat die oond sy werk doen op 180°C.
Resep en foto: Carla Botha






