

HARDE GEMMERKOEKIES
Resep en foto: Hester Vrey
FOOD LOVERS RECIPES
185 g margarien
250 ml stroop
700 g ongesifte koekmeel
20 g koeksoda
20 g kremetart
15 g (50 ml) fyn gemmer
5 ml sout
3 geklitste eiers
550 g bruinsuiker – nie die sagte soort nie
Smelt margarien en stroop saam en laat afkoel tot lou. Sif al die droë bestanddele saam.
Voeg eiers by stroopmengsel en meng. Strooi suiker bo oor en roer net tot gemeng – suiker moenie smelt nie.
Voeg die droë bestanddele by en meng. Laat sowat 2 uur rus. Rol balletjies, plaas op bakplaat en druk effens plat.
Bak 10 – 15 min by 180.°C. Ek stel my oond na ‘n rukkie laer.
Lyk nes die gekoopte koekie. Suikerkorrels wys bo op met fyn barsies in.






