GESTOPTE SKAAPHART
Hart volle resep
1. Gaan na jou slagter en bestel skaap harte.
2. Plaas die hart op n plank.
3. Neem skerp mes en sny die agter kant ( groot kant) af.
4. Die kombuis-sker word nou by die afgesnyde kant ingedruk en die aar word deur 3 knip beweging uitgesny (dis hier waar die Chris Barnard sindroom plaasvind)
5. Vat die harte nou na die wasbak en was dit goed.
6. Gee die afval stukkies vir die hond of kat Hulle “like” dit.
Ek het die harte al met die volgende gestop.
1. Peppadew en fetta
2. Spinasie en fetta
3. Kaasgriller wors
Neem nou die gestopte hart en plaas dit op vel blad bacon. Gebruik tande stokkies om die bacon vas te steek.
Braai die gevulde harte op kole of in die konveksie oond
Ek hou daarvan nie te droog nie
Resep: Herman Pypers