Klop botter met elektriese klitser totdat dit glad en roomerig is.
Voeg die wit en bruin suiker by. Klop totdat mengsel fluffy is (ongeveer 2 minute).
Voeg eiers een vir een by en klits baie goed na elke toevoeging.
Voeg Vanilla by en klits totdat vanilla goed ingemeng is.
Meng meel, koeksoda en sout goed deurmekaar in ‘n aparte bak.
Voeg nou die droë bestandele by die eier mengsel en klits. Voeg choc chips halfpad in die meng proses by.
Indien die deeg baie sag is, bedek die deeg en sit dit in die yskas totdat dit ferm is (tyd kan wissel van 30 minute tot 2 ure).
Om die koekies te vorm het ek ‘n roomys lepel gebruik (2 teelepels sal ook werk).
Plaas koekies op bak plaat wat uitgevoer is met bak papier.
Bak 10-14 minute in ’n voorverwarmde oond op 190°C (Ek het dit 10 minute gebak, natuurlik afhanklik van groote van koekies)
Maak byna 4 dosyn koekies.
NOTA: Die deeg kan baie suksesvol gevries word. Vorm balletjies en plaas dit op bakpapier. Plaas in vrieskas en sodra dit gevries is, plaas dit in vriessakkie, verseël en vries totdat dit gebak gaan word. Om die gevriese koekies te bak, plaas gevrieste koekies op bakplaat en bak soos aan gegee hierbo – mag dalk nodig wees om die baktyd met ’n paar minute te verleng.
Foto: Charmaine Timmerman en Marie Grobler