WYLENE SE BRAAIPASTEI
Gisteraand ‘n gesonde braai-pie gemaak.
Oorskiet braaivleis klein gesny
2 rolle pastry
1 butternut
1 soet patat
1 ui
1 green pepper
2 aartappels
1 pak royco brown onion sous.
1 koppie gerasperde kaas.
1 eier
Benodig:
Hout, blits en vuurhoutjie
Braaier
Toeknyp rooster
Sny alle groente klein en kook tot sag, maak dit fyn
Meng groente en vleis en sous saam.
Laat dit afkoel.
Maak vuur in braaier, tot dit kole is.
Rol 1 rol pastry uit oor toeknyp rooster.
Sprinkle die kaas ewegalig (nie aan kante)
Skep vleis mengsel ook ewegalig oor.
Sit laaste rol pastry oor.
Knyp die pastry mooi toe.
Maak rooster toe.
Borsel gemengde eiermengsel nou mooi oor die pie.
Braai op rooster vir so +/-20min.
Bedien met ‘n heerlike groen slaai.
Nota: daai sous moet met die helfte van die water gemaak word.
Foto en resep: Wylene Grobler









