Adam Cloete – skil en sny aartappels in helfte. Kook of mikrogolf dit tot gaar. Dit kan mos voor die tyd gedoen word. Op die laaste braai jy die gaar aartappels in diepolie tot crisp. Jy het heerlike goue gebakte aartappels, wat baie goed saam met jou ander kos sal gaan, in ‘n jiffie. Toets dit in die week wat kom om jouself gerus te stel dat dit sal werk
Tinkie Theron- Potatobake is heerlik. Maak aartapels vooraf halfgaar in mikro, dans dit nog vinniger.
Rosa Lötter – 1 x 250 ml room, aartappels, aromat, chedder kaas (opsioneel). Hoeveelhede sal afhang van hoeveelheid mense jy het. Ek gebruik gewoonlik sowat 8 aartappels en 250ml room vir 16 enkel porsies. Sommige mense eet sommer meer as een porsie. Skil aartappels. Sny dun skywe (sirkels) pak laag in bak, strooi Aromat oor, herhaal lae en eindig met laag aartappels. Gooi room oor en strooi Aromat oor. Bak in oond totdat aartappels sag en gaar is. Strooi kaas oor en rooster tot goudbruin.
Lorett Brittnell – Kook jou aartappels vooraf gaan en sit jou pot met olie klaar op die stoof. Maak olie warm en braai aartappels in bondels in vuurwarm olie. Word blitsig bruin en deurwarm
Christa Steyn – Kook dit vooraf dan vat jy n vurk trek repies bo op die artappels. Sit dit in digte houer in yskas. Jy kan dit ook n klein rukkie in due olie braai en dan in die yskas sit en dit net weer braai.
FOTO GELEEN BY – watkookjy








