DRUK JOU OATS LEKKER STYF VAS
2 koppies meel
4 koppies oats – hier het ek twee koppies oats en twee koppies muesli gebruik.
2 koppies klapper
2 koppies suiker
250 g botter of margarine ek het bietjie meer gebruik se so 2 eetlepels
5 teelepels stroop opgehoop
2 teelepels koeksoda
Smelt botter en stroop, voeg koeksoda by.
Meng droë bestanddele, gooi stroop by en meng goed.
Gooi in oondpan, drukvas, bak vir 10/15 min op 180ºC
Bron my niggie se oorlede ouma se resep
Foto: Marie Rheeder Troskie