

MAROELAKONFYT
Ek is verras. Proe baie na aan appelmoes, effe surigheid.
Nadat ek die maroelas uitgekook het vir jellie, het ek pitte uitgehaal.
Die res gepulp en een koppie suiker op 2 koppies pulp gekook.
Hou aan roer, pasop vir brand onder. Seker so ‘n halfuur se kook.
Resep en Foto: Elba Groenewald






