JOHAN SE KAASKOEKTERT
Resep en foto: Johan Coetzee
FOOD LOVERS RECIPES
250 ml mascarpone (triple cream cheese)
250 ml room
300 ml gewone ongegeurde joghurt
1 blik kondensmelk
100 g Milky Bar wit sjokolade
1 pakkie suurlemoen jellie
125 ml granadilla moes
60 ml suurlemoensap
125 ml kookwater
Los die jellie poeier op in die kookwater en laat afkoel tot net voordat dit stol. Meng die suurlemoensap met die kondensmelk. Klits die mascarpone, joghurt en room saam. Smelt die Milky Bar en meng alles goed saam en gooi in bak met kors van jou keuse. Sit in die yskas tot benodig.
Betsie Ferreira – ek het eintlik vergeet om die milkybar te koop maar hy is heerlik daarsonder dalk minder soet…rerig lekker
Ek het houer granadilla gevat bietjie water en maizena gemeng en in mikro gekook tot dik, mens kan seker enige iets soos bessies of koejawels bo-op sit selfs lietjies, die moes dink ek moes in die tert kom ek het dit dink ek mis gelees of mis afgeskryf..het nie moes in tert gesit nie









