8 koppies koekmeel
500 g margarien
2 koppies suiker
500 g stroop
3 teelepels koeksoda
1 teelepel vanilla
½ koppie baie sterk koffie (koffie en water gemeng)
Meng botter en suiker voeg stroop by. Maak koeksoda aan met koffie, voeg by asook meel. Indien deeg bietjie slap is voeg nog bietjie meel by. Bak 15 – 20 min by 180°C.
Foto: Annelise Engelbrecht
Cariena Henrico
Vulsel:
½ pak versiersuiker
2 eetlepels margarien, hoogvol
knippie sout
1 teelepel vanilla
Meng bogenoemde goed en voeg laaste die koffie by.
2 eetlepels sterk koffie aangemaak met bietjie water.








