


GERT SE FLOPVRYE PANNEKOEK
My pannekoeke word nie taai nie en brand nie vas nie. Dit is lekkerder as meeste duur resepte. Met ‘n goeie pan lig die pannekoek op langs die kante as dit gaar is en dan kan jy dit maar omdraai.
750 ml koekmeel (3 koppies)
5 ml sout
10 ml bakpoeier
1 liter water
2 eiers
15 ml asyn
Ek meet sommer die water af, meng die ander bestanddele, dan voeg ek dit so stelselmatig by terwyl ek klits. Laat staan so 5 min en bak.
Resep: Gert Steyn
Foto: Linda Dot Bothma
Linda Dot Bothma – Gert! Jou resep is ‘n wenner! Baie dankie!






