GEMMERKOEKIES SONDER WATER OF MELK
Resep geplaas en foto: Annelise Engelbrecht
FOOD LOVERS RECIPES
500 ml botter
12 koppies koekmeel
25 g koeksoda
25 g kremetart
45 ml gemmer
2½ ml sout
4 koppies suiker
250 ml stroop
6 eiers geklits
Vryf botter in meel in, voeg koeksoda, kremetart, gemmer en sout by en meng deur.
Voeg suiker en stroop by meng deeglik. Maak die deeg aan met die geklitste eiers.
Knie goed tot ‘n lekker deeg gevorm het.
Daar word nie water of melk bygevoeg nie.
Rol in balletjies en plaas op gesmeerde bakplaat. Bak by 200ºC vir 10 min.








