

ESTELLE SE FLOPVRYE SKONS
2 koppies meel
2 eetlepels suiker
4 gelykvolle teelepels bakpoeier
¼ teelepel sout
1 eier
¼ koppie olie
½ koppie melk
Meng die meel, suiker, bakpoeier en sout. Ek is lui om te sif so ek gooi dit alles in bak en roer met whisk net om lig in die meel te sit. Neem koppie en breek een eier (dit is gewoonlik ¼ koppie) maak die koppie tot half vol met die olie en dan vol met melk (suur melk help ook om die bakpoeier lekker te aktiveer so as ek het vervang ek die melk met suur/dik melk) gooi die nat bestandele by die droë bestandele (moet nie oormeng nie) rol uit (druk sommer met vingerpunte koekroller is geneig om die deeg te oormeng) so 2-3 cm druk uit die verlangde grote verf met eier.
Bak vir 20 min teen 180°C tot so goud bruin.
BRON – Estelle Krüger Van Pletzen






