

CAMEMBERT, BLOUKAAS, ASPERSIE, BROCCOLI EN SPEK QUICHE
Dit was heerlik! Ek voeg graag my bestanddele saam en werk min van resepte af. Hier is wat ek gedoen het:
5 medium eiers
¼ koppie melk
2 koppies ongegeurde jogurt
200g bloukaas
200g Camembert kaas
200g Cheddar kaas
2 koppies gestoomde broccoli
1 blikkie aspersies
2 medium bruin uie, opgekap
1 pakkie spek, in blokkies gesny
sout en peper na smaak
Phyllodeeg velle
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Klits die eiers en melk saam en roer die jogurt en kase by die eiermengsel. Voeg die broccoli en aspersies by en roer. Braai die spek en uie in ‘n warm pan op die stoofplaat tot gaar, verwyder van die hitte en plaas eenkant om af te koel.
Meng die spek en uie by die johurtmengsel en roer deur. Geur met sout en peper na smaak.
Bedek die bodem van ‘n glasbak met die Phyllodeeg, soveel soos verkies (ek gebruik 3 velle per area).
Voeg die vulsel op die deeg. Bak die quiche in die voorverhitte oond vir 30 minute of tot gaar. Geniet.
Resep en foto: Inge Meyer
One thought on “CAMEMBERT, BLOUKAAS, ASPERSIE, BROCCOLI EN SPEK QUICHE”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







Done